$54 Miljoen Goedgekeur vir St. Louis Area Bewoners FEMA Aansoek Sperdatum Een Maand weg, op 7 Oktober

Release Date Release Number
011
Release Date:
September 6, 2022

Meer as $54 miljoen in federale bevondsing is goedgekeur vir mense wat deur die 25-28 Julie vloedramp en stormskade geaffekteer is in die St. Louis area in Missouri.

  • FEMA het $28.7 miljoen in Individuele Bystand toegifte goedgekeur vir huurders en huiseienaars vir skade en ernstige behoeftes wat nie deur versekering gedek word nie.
  • FEMA se Nasionale Vloed Versekeringsprogram het $14.4 miljoen in eise uitbetaal vir vloedversekering polishouers.
  • Die U.S. Small Business Administration het $11.2 miljoen in ramplenings goedgekeur vir huiseienaars, huurders en besighede.

Die sperdatum om aansoek te doen met Fema is 7 Oktober.

Mense geraak deur die ramp in St. Louis City, St. Louis County (graafskap) en St. Charles County (graafskap) het drie maniere om aansoek te doen en om in aanraking met FEMA te bly:

  • Bel: 1-800-621-FEMA (3362)
  • Gaan Aanlyn: DisasterAssistance.gov
  • Besoek enige Rampherstellingsentrum

Indien u ‘n herlei diens, soos video herleidiens (VRS), telefoondiens met onderskrifte of ander dienste gebruik, gee FEMA die nommer vir dié diens. Hulplyn operateurs is beskikbaar van 6 vm tot 10 nm daagliks. Druk 2 vir Spaans. Druk 3 vir ’n tolk wat u taal praat.

Ses Rampherstellingssentrums is oop vir Persoonlike Hulp

Herstellingspesialiste van FEMA en die U.S. Small Business Administration staan mense by om hulle aansoeke te voltooi of die status daarvan na te volg by die volgende lokale:

ST. LOUIS CITY

Ranken Tegniese Kollege

Mary Ann Lee Technology Center

1313 N. Newstead Ave.

St. Louis, MO 63113

(Op die hoek van Newstead en Page)

ST. LOUIS COUNTY

Urban League Empowerment Center

9420 W. Florissant Ave.

Ferguson, MO 63136

University City Recreation Division

Centennial Commons

7210 Olive Blvd.

University City, MO 63130

Hazelwood Civic Center

8969 Dunn Road

Hazelwood, MO 63042

ST. CHARLES COUNTY

O’Fallon Municipal Centre

100 N. Main St.

O’Fallon, MO 63366

(Suid-oostelike Ingang)

Developmental Disabilities Resource Board – DDRB gebou

1025 Country Club Road

St. Charles, MO 63303

(Naby I-70 by die Zumbehl Road Afrit)

  • Ure vir alle lokale is: 8 vm–7 nm. Maandag tot Saterdag tot verdere kennisgewing.
  • Afsprake word NIE vereis nie. Instappers is welkom.
  • Indien u hulp verlang met die aansoekproses, kan FEMA u bystaan by die Rampherstellingsentrum.

Omtrent FEMA se Individuele Bystand

Vir behoeftes wat nog nie deur versekering of ander bronne gedek is nie. FEMA mag moontlik die Individuele Bystands toegif gelde bied wat nie terugbetaal hoef te word nie, vir:

  • Huur Bystand indien u sou moes verhuis as gevolg van vloedskade
  • Persoonlike Eiendom wat beskadig of vernetig was deur die vloed
  • Huisvestig Vergoeding indien u tydelik in ‘n hotel moes bly
  • Basiese Huis Herstelwerk vir huiseienaars wie se primêre woning deur oorvloeding beskadig is
  • Ander Ernstige Behoeftes wat deur die onlangse vloed veroorsaak is

Bykomend tot die genoemde bystand, neem asseblief kennis van die volgende:

  • Slegs een aansoek per huishouding
  • FEMA betaal nie vir verlore of beskadigde voedsel nie
  • FEMA werk met almal – huurders en huiseienaars – gebaseer op elke individuele geval
  • Volgens die wet is FEMA nie gemagtig om versekeringsuitbetalings of bystand van ander bronne te dupliseer nie

Huiseienaars en huurders: Indien u na die SBA verwys is vir ‘n ramplening, handig asseblief die aansoek in. Deur die SBA aansoek in te handig, kom u in aanmerking vir verdere lenings. Indien u vir ‘n lening kwalifiseer, is daardie bron tot u beskikking sou u besluit om dit te aanvaar.

Bel 2-1-1 vir Ander Hulpverlening

United Way 211 verbind individue met onaangesproke behoeftes met bystandsprogramme deur vrywilligers en geloofgebaseerdeorganisasies. Enigeen geaffekteer wat bykomende bystand benodig moet 2-1-1 bel vir bystand, of besoek  http://211helps.org.

Vir die nuutste, volg ons op Twitter @MOSEMA_ en @FEMARegion7.

Verkry die nuutste inligting by Recovery.MO.gov en FEMA.gov/disaster/4665.

Ramp herstellingsbystand is beskikbaar sonder inagneming van ras, kleir, godsdiens, nasionale helkoms, geslag, ouderdom, of gestremdheid, vlotheid in Engels of ekonomiese status.

Tags:
Laas opgedateer