DRIE DAE OOR OM AANSOEK TE DOEN VIR FEMA INDIVIDUELE BYSTAND VIR MISSOURI VLOEDRAMP, AANSOEK SPERDATUM IS 7 NOVEMBER [https://www.fema.gov/af/press-release/20221104/three-days-left-apply-fema-individual-assistance-missouri-flooding] Release Date: November 4, 2022 St. Louis City, St. Louis Graafskap en St. Charles Graafskap inwoners het nog net edrie dae oor om aansoek te doen vir FEMA ramp bystand voor die 7 November sperdatum. Missouri huiseienaars en huurders wat skade of verliese gelei het weens die 25-28 Julie ernstige storms en vloede, of diegene wie se woonstelblok beskadig was en moes uittrek mag in aanmerking kom vir federale ramp bystand. Daar is verskeie maniere waarop huurders en huiseienaars wat deur die Julie vloerdamp geraak is, aansoek kan doen vir FEMA bystand. * Doen aansoek aanlyn by DisasterAssistance.gov [https://www.disasterassistance.gov/] * Laai af en gebruik die FEMA mobile app [https://www.fema.gov/about/news-multimedia/mobile-products] om aansoek te doen * Bel die FEMA Hulplyn by 800-621-3362 om aansoek te doen * Indien jy ‘n herlei diens gebruik, soos video herleiding (VRS), telefoon onderskrifte of ander dienste, gee asb. die nommer aan FEMA van daardie diens. Die hulplyn is sewed ae per week oop. Drup op #2 vir Spaans of 3 vir ‘n tolk wat jou taal praat. Oorlewendes kan ook in persoon aansoek doen by die volgende twee Rampherstellingsentrums (DRC).          RANKEN TECHNICAL COLLEGE MARY ANN LEE TECHNOLOGY CENTER 1313 N. NEWSTEAD LAAN. ST. LOUIS, MO 63113 (OP DIE HOEK VAN NEWSTEAD EN PAGE) OOP MAANDAG—VRYDAG, 8 VM. TOT 6 NM. EN SATERDAG, 8 VM. TOT 5 NM. Sluit permanent op Maandag, 7 November om 5 nm. Geen afspraak is nodig om ‘n Rampherstellingsentrum te besoek nie. Instappers word verwelkom. Die volgende inligting moet beskikbaar wees: * Telefoonnommer war jy gekontak kan word * Adres ten tyde van die vloedramp * Adres waar jy nou woon * Social Security Nommer van een lid van jou huishouding * Basiese lys van skade en verliese * Bank inligting sou jy verkies direkte deposito van enige FEMA gelde verkies wat toegeken word * Versekeringsinligting indien jy versekering het, insluitende die polis nommer Indien jy huiseinaars-, huurders- of vloedversekering het, stel jou eis so gou doenlik in. FEMA kan nie dupliserende voordele verskaf wat reeds deur versekering gedek word nie. Indien jou polis nie al jou skade dek nie, mag jy geregtig wees vir federale bystand. Vir die nuutste, volg ons op Twitter @MOSEMA [https://twitter.com/mosema_] en @FEMARegion7 [https://twitter.com/femaregion7]. Kry die nuutste inligting by Recovery.MO.gov [https://recovery.mo.gov/] en FEMA.gov/disaster/4665 [https://www.fema.gov/disaster/4665]. _Ramp herstellingsbystand is beskikbaar sonder inagneming van ras, kleur, godsdiens, nasionale helkoms, geslag, ouderdom, of gestremdheid, vlotheid in Engels of ekonomiese status.__ _