Registrasie Sperdatum vir FEMA Bystand Uitgestel tot 7 Nov.

Release Date Release Number
16
Release Date:
October 3, 2022

Huurders en huiseienaars in die City of St. Louis, St. Louis County en St. Charles County wat deur dei vloedramp van 25-28 Julie geraak is, het nou tot Maandag, 7 November, 2022, om vir FEMA rampbystand aansoek te doen. Tot en met 3 Okt. 3, 2022, het FEMA meer as $36.4 miljoen goedgkeur in Individuele Bastandstoegifte aan meer as 11,900 huishoudings in die St. Louis gebied.

Doen aanlyn aansoek by DisasterAssistance.gov, of bel 800-621-3362 of gebruik die FEMA mobile app.

Indien u ‘n herlei diens gebruik, soos byvoorbeeld video herleiding (VRS), onderskrif telefoon of andere dienste, gee die nommer aan FEMA van daardie diens.

Vir behoeftes wat nie deur versekering of ander bronne gedek word nie, mag FEMA moontlik ‘n Individuele Bystandstoegif gelde bied wat nie terugbetaal hoef te word nie, vir:

  • Huur Bystand indien u moes verhuis as gevolg van vloedskade
  • Persoonlike Eiendom wat beskadig of vernetig was deur die vloed
  • Huisvestig Vergoeding indien u tydelik in ‘n hotel moes bly
  • Basiese Huis Herstelwerk vir huiseienaars wie se primêre woning deur oorvloeding beskadig is
  • Ander Ernstige Behoeftes wat deur die onlangse vloed veroorsaak is

Bykomend tot die genoemde bystand, neem asseblief kennis van die volgende:

  • Slegs een aansoek per huishouding
  • FEMA betaal nie vir verlore of beskadigde voedsel nie
  • Volgens die wet is FEMA nie gemagtig om versekeringsuitbetalings of bystand van ander bronne te dupliseer nie.                                                                              

Wanneer jy by FEMA aansoek doen, moet jy die volgende inligting gereed kry:

  • Foon nommer waat jy gekontak kan word
  • Adres ten tyde van die vloedramp
  • Adres waar jy nou woonagtig is
  • Social Security Number van een lid in jou huishouding
  • Basiese lys van skade en verlies
  • Bankinligting sou jy verkies om ‘n direkte deposito van FEMA gelde verkies
  • Versekeringsinligting sou jy versekering het, insluitende jou polis nommer

Indien jy huiseinaars-, huurders- of vloedversekering het, stel jou eis so gou doenlik in. FEMA kan nie dupliserende voordele verskaf wat reeds deur versekering gedek word nie. Indien jou polis nie al jou skade dek nie, mag jy geregtig wees vir federale bystand.

Onthou om kwitansies te behou vir alle aankope verwant aan die opruiming en herstelwerk.

Vir ‘n toeganklike video oor hoe om aansoek te doen vir bystand, besoek youtube.com/watch?v=WZGpWI2RCNw.

Vir vloedramp opdaterings van FEMA, volg @FEMAregion7 op Twitter, en skakel mobiele notifikasies aan. Besoek die vloedramp se webwerf by fema.gov/disaster/4665.

Vir vloedramp opdaterings van die Missouri State Emergency Management Agency (SEMA), volg @MOSEMA_ op Twitter, en skakel mobiele notifikasies aan. Recovery.MO.gov bly steeds dié bron, enkel hulpbrong om Missouriane by te staan om maklik inligting te vind rakende die vloedramp hulpbronne.

Tags:
Laas opgedateer